Wow, wat ‘n suksesvolle geleentheid! Ons het Woensdag die 5de Oktober
die B&B EXPO gehou! Baie dankie aan Disa en die komiteelede wat die
geleentheid gereël het. Linda, van Hirshes het baie reëlings getref en
ons het ‘n bo verwagte dertig uitstallers gehad wat ons ondersteun het!
Toegang tot die EKSPO was hondekos of katkos wat as skenking vir die DBV
gegaan het. Daar is altesaam 313kg pellets hond- en katkos
ingesamel. Die total van blikkies ingesamel in verskeie groottes is 49!
Daar is ook ‘n hondekombers en kontant geskenk. Baie dankie vir al
die lede vir julle deelname en goeie gees van ondersteuning.
Helen Lang het ons vermaak met paar lekker saamsing-en-dans liedjies – en
‘’n groot dankie vir die waka-waka.
Disa het ons verras met drie genooide sprekers. Dankie vir hierdie
verrassing Disa!
Hier is ‘n paar wenke wat Heidi Meyer vir ons oor tyd beplanning gegee het:
- Delete, Diminish en Delegate! Dit vat persoonlik
vir my baie goed vas.
- Onthou om jou werkstasies se take te kombineer,
soos alles in kombuis te doen, dan in die kamers en dan in die kantoor.
- O ja, moenie jou dag met eposse begin nie! Gebruik
jou dagboek soos jy moet en beplan vir jou oefening en reg eet.
Indien julle dalk
nog notas gemaak het, kan julle gerus dit as kommentaar ook byvoeg op die blog.
Carina Nel van Fashion and Style Club het ons geleer van die Image wat
jy uitdra. Image is ‘n nie-verbale boodskap. Jou doel moet wees om
‘n beeld van “Ek is goed met wat ek doen” uit straal.
- Be groomed in business.
- Be trained and educated for your kind of business.
- Be professional. No jealousy. Lead from the front.
- Market yourself. Move your brand. Move your
business and yourself.
- Ladies your style, colour and length of dress, as
well as the neckline tell others what you think of your worth. It takes 90 seconds
for a person to decide what they think of you. You will have to work 200%
harder to get rid of a negative impression. Wear make-up! Wear appropriate clothing. No tracksuit pants
when you make breakfast. Keep your body shape in mind when you want to follow
the trends!
- Men to be groomed means trimmed eyebrows, nose and hair.
Belt, shoes, and socks must match. Make sure the colour of your
pants and your shirt match.
If anyone wants to add a link to some googled pages for the emotional value of
colours - please add it as a comment.
Kolonel Neels Kleynhans het met ons kom praat oor sekuriteit van die Gastehuise.
Die personeel en gaste se veiligheid is ons verantwoordelikheid en ons
moet toesien dat daar nie enigiemand kan inkom soos hulle wil nie.
Ons het heerlik lekker gesmul aan die eetgoedjies en ook ‘n wyntjie
geniet! Wow ek gaan sommer nou Lusitania se bestel vorm invul!
Volgende jaar maak ons weer so! Dankie weereens vir almal se
teenwoordigheid en jammer vir die wat nie ‘n prys gekry het nie! Net mooi
almal wat gebly het vir die trekking het iets ontvang! Dankie ook vir julle
bydraes in die verband.