Monday 10 October 2011

B&B EXPO


Wow, wat ‘n suksesvolle geleentheid! Ons het Woensdag die 5de Oktober die B&B EXPO gehou!  Baie dankie aan Disa en die komiteelede wat die geleentheid gereël het.  Linda, van Hirshes het baie reëlings getref en ons het ‘n bo verwagte dertig uitstallers gehad wat ons ondersteun het!
Toegang tot die EKSPO was hondekos of katkos wat as skenking vir die DBV gegaan het.  Daar is altesaam 313kg pellets hond- en katkos ingesamel.  Die total van blikkies ingesamel in verskeie groottes is 49!  Daar is ook ‘n hondekombers en kontant geskenk.  Baie dankie vir al die lede vir julle deelname en goeie gees van ondersteuning.
Helen Lang het ons vermaak met paar lekker saamsing-en-dans liedjies – en ‘’n groot dankie vir die waka-waka.

Disa het ons verras met drie genooide sprekers. Dankie vir hierdie verrassing Disa!

Hier is ‘n paar wenke wat Heidi Meyer vir ons oor tyd beplanning gegee het:
  • Delete, Diminish en Delegate!  Dit vat persoonlik vir my baie goed vas.
  • Onthou om jou werkstasies se take te kombineer, soos alles in kombuis te doen, dan in die kamers en dan in die kantoor.  
  • O ja, moenie jou dag met eposse begin nie! Gebruik jou dagboek soos jy moet en beplan vir jou oefening en reg eet.   
Indien julle dalk nog notas gemaak het, kan julle gerus dit as kommentaar ook byvoeg op die blog.

Carina Nel van Fashion and Style Club het ons geleer van die Image wat jy uitdra.  Image is ‘n nie-verbale boodskap.  Jou doel moet wees om ‘n beeld van “Ek is goed met wat ek doen” uit straal.
  • Be groomed in business.
  • Be trained and educated for your kind of business.
  • Be professional. No jealousy. Lead from the front.
  • Market yourself.  Move your brand. Move your business and yourself.
  • Ladies your style, colour and length of dress, as well as the neckline tell others what you think of your worth. It takes 90 seconds for a person to decide what they think of you. You will have to work 200% harder to get rid of a negative impression.  Wear make-up!  Wear appropriate clothing. No tracksuit pants when you make breakfast. Keep your body shape in mind when you want to follow the trends!
  • Men to be groomed means trimmed eyebrows, nose and hair.  Belt, shoes, and socks must match.  Make sure the colour of your pants and your shirt match.


If anyone wants to add a link to some googled pages for the emotional value of colours - please add it as a comment.

Kolonel Neels Kleynhans het met ons kom praat oor sekuriteit van die Gastehuise.  Die personeel en gaste se veiligheid is ons verantwoordelikheid en ons moet toesien dat daar nie enigiemand kan inkom soos hulle wil nie.

Ons het heerlik lekker gesmul aan die eetgoedjies en ook ‘n wyntjie geniet! Wow ek gaan sommer nou Lusitania se bestel vorm invul!

Volgende jaar maak ons weer so!  Dankie weereens vir almal se teenwoordigheid en jammer vir die wat nie ‘n prys gekry het nie!  Net mooi almal wat gebly het vir die trekking het iets ontvang! Dankie ook vir julle bydraes in die verband.

Lovies
Die Blogspot Span











No comments:

Post a Comment